e»
Liewers uit 'n spoor opskiet: dun
steeltjie en skewe bruin hoedjie op 'n lap
kweek onder 'n lommerryke boom, dit
liewers as die gehate naelstring ewig
ongesê en ewig aanwesig geslagte terug,
saad en sel en swoelheid se produk
opgepiep, grootgemaak, gedresseer, omlys
deur gebruike en 'n duisend geskrewenhede.
Ag, op my steeltjie voel ek niks, nie boheid
bo my en onderheid onder my en die rondom
alom van sprietjies en stoffies en losgelate
blare nie, nie blou en wolke nie, net staanheid
ken ek, en my hoed haal ek vir niemand af.
En dan, dan eindig die herfs.
(Cedigte uit bundel Spesmase, Human-Rousseau, 1999)
00